'n Briefie net vir Jou

"Take my hand, tell me what you are feeling"

"understand that this is only the beginning"

Lydia...ek is ontsaglik verlief op jou en ek wens ek kon jou in my arms hou. Belowe my dat jy my nie sal vergeet as jy my nie aanvaar as jou uitweg en liefde nie. Die helfte van die mense op die aarde wag om iemand soos jy vas te hou en ek is maar net een van hulle. Jy is ook lief vir iemand en ek kan nie van jou verwag om hom net te los vir iemand soos ek nie. Jy is soos 'n wonderlikke droom vir my en ek kan net wens dat dit eendag sal waar word en dat jy myne sal wees. Ek wens ek kon alles wees wat jy in 'n man soek sodat jy nie eers hoef te twyfel oor my nie. Ek wil hê dat jy moet weet dat jy die beste ding is wat nog ooit met my gebeur het en dat ek jou vir altyd in my gedagtes sal hê. Ware liefde is vir ewig...

"We dream the same dream - we want the same thing"

"Love"

Ek gee nie om wat enige iemand sê nie, ek is lief vir jou en niks sal dit verander nie...

-Don-